Kontak
“We are not meant to be perfect, we are meant to be whole & healthy”
Ek is geleë in Moreletapark, Pretoria.
Gee my gerus ‘n luitjie, stuur ‘n SMS/Whatsapp of stuur vir my ‘n epos en ons gesels daar verder oor jou navrae en behoeftes.
Fooie: R600 per sessie wat ‘n uur lank is
Medies: Ongelukkig werk ek nie deur mediese fondse nie en alle sessies is betaalbaar deur die klient.
Getuigskrif 1
Zania het my lewe verander!
Alles was sekerlik daar, in my, diep binne my. Sy het my gehelp om dit, myself, te vind weer te vind.
“Perspektief” is die een woord waaraan ek altyd sal dink as ek aan my sessies met haar dink.
Ek het elke keer perspektief gekry.
Haar rustige manier om te luister, nooit veroordelend te wees nie en met gesag te praat het my altyd op my gemak laat voel.
Ek beveel Zania met groot vrymoedigheid aan.
– K. Smit
Getuigskrif 2
Sodra jy instap by Zania, voel jy veilig.
Zania skep ‘n ontspanne, veilige omgewing waar jy rustig raak nog voor jy een woord gesê het.
Nie net help Zania jou om jou gevoelens te verwoord nie, sy gee jou die tools om jou te help om te weet hoekom jy so voel en hoe om daardie gevoelens te hanteer/te verwerk. Hoe om elke dag tree vir tree aan te pak.
– Adele
Getuigskrif 3
Diep in ‘n emosionele gat beland jy op ‘n stadium in jou lewe, oud of jonk. Die lewe kies nie. Dan ontmoet jy vir Zania en sy tel jou so gemaklik en vol liefde daar uit. Val jy wel terug, is sy weer daar om te keer dat jy nie weer ver terug val nie. Professioneel, Vriendelik, Wysheid neem ek aan is deel van haar slagspreuk wat sy so gemaklik reg kry. Sonder om te huiwer in haar eie vermoe doen sy terapie met jou. Dit is asof jy dit nie eens agterkom nie.
Binne ‘n kort tyd van 6 weke het sy my so gehelp dat my vriende vra: sjoe, waar was jy? Jy is ‘n ander mens? Watter beter terapie kan ek voorstel as om met Zania die pad te stap. Mag sy in haar lewe die geleentheid kry om jou ook te laat verander in ‘n mens met hoop, liefde en vrede.
– F. Du Plooy
Getuigskrif 4
Zania, die sessies saam met jou was ongelooflik waardevol. Dankie vir jou oop en eerlike, tot die punt, gemaklike styl. Jy het ons gehelp om ons huwelik te groei van breekpunt na ‘n sterk, gesonde verhouding. Ons kan nie genoeg dankie sê nie. Ek sou enige paartjie aanraai om jou te besoek, maak nie saak hoe goed of sleg hulle dink die situasie is nie. Jy het ons lewens verander, wil nie eers dink waar ons sonder jou sou wees nie.
– A & R Schoombee
Getuigskrif 5
Die mat, dis al wat ek gesien het in die eeste sessie by Zania – ek kon my kop nie eers optel nie. Hier sit ek by huweliksberading met ‘n man wat my verneuk – die einde is insig. Dis hoe ek gevoel het. Met nat gehuilde papiertjie vol notas en wil hê die wêreld moet my eerder insluk.
Dit was my man se idee, maar ek was bereid om die huwelik te red – one track mind – en die berader gaan hom vining uitstorteer en dan is ons terug by “happily ever not so much after”.
Zania het reg deur als gesien (en die situasie so goed gelees), geweet wat om te sê dat my ken van my bors af begin lig het.
Alleen en gesamentlike sessies daarna en haar tissue boks het bly krimp.
Ek het wel soos ‘n slak uit my dop uit begin kruip (erg vir ‘n ekstrovert om te herken) en ons het wyer begin praat as net my “failing marriage”.
Ek kon praat oor geloof, seks, die te kort aan seks, dat ek iemand te lyf wil gaan, lief wees vir my eie lyf – geen topic was verbode nie – ek kon praat en Zania het so oor haar bril geloer terwyl daar notas geneem is en dan met ware woorde terug gekom en ‘n aksie plan vir die week wat voolê.
Huis werk is uitgedeel, en daar was tot tye waar sy moes streng gluur – want ekt nie geluister nie.
Vriende en familie het geweet ek sien ‘n berader, en dit was duidelik, profesionele hulp is goud werd. Vriende en familie kan slegs opinies gee maar Zania kon my stuur in die rigting dat ek SEKER is my besluite is my eie en dis die beste besluite vir my en my lewe.
My huwelik was nie te redde nie, maar ek was.
Na my egskeiding het ek en Zania se bank mekaar gereeld nog gesien en ek het die ware vrymoedigheid gehad om my hart oop te maak en als te bespreek wat my pla, my non-existing selfbeeld, die veg met die vyand wat tussen my ore bly, my ewige gewig battle, die bestudering van self satisfaksie, om ‘n heel mens te word voor ek ooit weer vir ‘n ander man kyk – want ronde 2 doen mens dit anders – ek weier om eendag weer ‘n skeistatestiek te wees.
Dit is n tydsame proses, een wat harde lesse uitdeel, en as mens nie aan die probleme werk nie – raak dit vining groter maar ek pak hierdie einde van ‘n lewens fase en begin van ‘n nuwe fase nie alleen aan nie. Zania is meer as net iemand met ‘n nota boekie, sy het soos ‘n vriendin geword wat jou toets op wat jy sê, jou challenge om buite jou raamwerk te dink, en elke dag weer te probeer.
Tans wag ek nog vir my “forever person” – maar weet dat ek ‘n ongelooflike sterk mens geword het en kan net vir Zania dankie sê – You saved my life.
– A Snyman