Meer Oor My
Wanneer jy by my kantoor instap is my doelwit om ‘n omgewing te skep waar jy gemaklik en veilig voel. ‘n Omgewing om net jouself te wees. Juis omdat uitreiking vir hulp en emosionele welstand ‘n sensitiewe onderwerp is waaroor ons soms skaam voel.
Ek luister graag met empatie en sonder oordeel. Hier gaan dit nie oor wat reg of verkeerd is nie, maar eerder oor wat is gesond en wat is ongesond vir ons. In ons eerste sessie sal ek ‘n paar vrae vra en net gesels oor dit waarmee jy worstel op die oomblik. Ons gaan as ‘n span saamwerk. Ek is nie hier om vir jou voor te skryf wat om te doen of hoe om te voel nie maar eerder om jou te help en te lei om die oplossing te vind van wat in JOU lewe van toepassing is.
Ek is tans al 11 jaar in hierdie bedryf. Ek het ‘n Bachelors graad in Seksuologie en is besig met my meesters graad. Ek het die volgende addisionele kursusse gedoen:
- Counselling skills
- Advance counselling skills
- Sertifikaat in Trauma berading
- Internasionale Trauma kursus en Internship van AMI
- Childhood Behaviour diploma
- Introduction to Childhood Psychology diploma
- Applied psychology: Intro to Crisis and Trauma
- Applied psychology: Symptoms of Crisis and Trauma
Ek is tans ‘n geregistreerde berader by die CSHP (Council for Sexual Health Professions).
Ek is ‘n berader by Gesonde Seks Bedieninge en werk al 11 jaar saam met Timothy Kieswetter.
‘n Goeie manier om deur pyn te werk is om een of ander vorm van ‘meaning’ daarin te vind, al is dit jare later. Vir iemand wat in ‘n kort leeftyd deur baie trauma en pyn is, wat genesing deur terapie gekry het, is dit my wens om pyn, seer, trauma en onsekerheid vir ander te verlig. Jy kan en mag ook gelukkig wees!
“In some ways suffering ceases to be suffering at the moment it finds a meaning, such as the meaning of a sacrifice.”
― Viktor E. Frankl