Seks Berading

Seksuologie is die holistiese wetenskaplike studie van ons seksualiteit.

Die een ding wat ons almal in gemeen het, maak nie saak wat jou agtergrond, kultuur of ouderdom is nie, is seks. Seks speel een of ander rol in jou lewe, hetsy negatief of positief. Ongelukkig is dit ook die onderwerp waar ons baie skuldgevoelens dra, waaroor ons nie mag praat, wil praat of hulp soek meer nie. Seks is die plek waar ons die mees kwesbaarste voel want jy maak jouself fisies en emosioneel oop vir iemand anders. Daarom is dit belangrik dat jy die persoon ken, vertrou en veilig by voel.

Die algemeenste bekommernis wat deurkom in mense se vrae en stellings is, “Is ek normaal? Is ek weird?” Wel ek verkies om nie mense te ‘label’ nie. Ek verkies om elke persoon te help om te bepaal of hulle eie situasie/besluite gesond is vir hulle of nie.

Daar is soveel mites en onakkurate informasie daar buite wat ‘n onbewustelike ‘normaliteits’ druk op ons plaas. Die mites wat ook soveel onnodige minderwaardigheids- en skuldgevoelens by ons opwek. Ons seksualiteit is iets wat aanhou ontwikkel en verander deur ons lewe.

Onthou jy mag seks geniet. Jy mag ‘n gesonde seks lewe hê. Jy kan ‘n gesonde seks lewe hê.